n Versameling van al die gedigte wat hierdie internasionaal bekende digter geskryf het terwyl hy in 'n Suid-Afrikaanse gevangenis was in die sewentiger- en vroee tagtigerjare vir sy anti-apartheidsbedrywighede. Breyten Breytenbach se lewe en sy loopbaan as digter en skilder is geweldig ontwrig deur sy sewe jaar lange gevangenskap. In daardie tyd het net een bundel verskyn wat in aanhouding geskryf is: Voetskrif (1976). Eers na sy vrylating is al die bundels wat in die tronk geskryf is, gepubliseer. Hierdie versameling strek dan vanaf 1976 tot 1987 - met een lang ongepubliseerde gedig, Die glimlag . ('n Vroeer titel vir laasgeemde gedig was Die Kus , soos die skrywer daarna verwys op p. 81 in Die Toneelstuk.) Die gedigte uit die volgende bundels is ingesluit: Voetskrif, Lewendood, Buffalo Bill, Eklips, Yk en Boek. Die merkwaardigste [is] dat die verwysingsveld wyer is en die woordgebruik ryker as wat mens sou verwag van iemand wat afgesonder was van kennis uit biblioteke en van die kontak met variasies van die lewende taal. Dis 'n onteenseglike bewys van meesterskap. ~ Ampie Coetzee. This collection includes all the poems written during the seven years this famous poet spent in jail for his involvement in anti-apartheid activities.